NHN Midrand: Praatjie Sondag 5 Mei

Dagga in Suid Afrika: Van Jan van Riebeeck tot nou
Spreker: Phil Steyn

Toe Jan van Riebeeck in die Kaap aangeland het, het die Khoisan reeds dagga gebruik. Selfs ons stoere voorouers het die plant gebruik, maar hoofsaaklik as medisyne.

Deur die jare is vele pogings aangewend om die gebruik van dagga te ontmoedig of te reguleer, veral aangesien dit kwansuis vooropgestelde kulturele en gedragskodes verswak. Daar is selfs beweer dat dit toenadering oor kulturele en rassegrense heen aanmoedig. Die verbouing, verkoop en gebruik daarvan is in Suid Afrika en wêreldwyd vanaf die 1920’s verban. Tog het die koppige plant bly voortbestaan en is dit nog altyd redelik vrylik beskikbaar.

Die afgelope aantal jare het daar wêreldwyd ’n veranderde sentiment teenoor dagga ontwikkel. In sekere lande en gebiede is dit nou selfs gewettig. Met die veranderde regstatus word daar nou navorsing gedoen om die geldigheid van medisinale aansprake asook talle nuwe soorte aanwendings van dagga te ondersoek.

Phil Steyn is ‘n apteker wat min erg het aan vergesogte aansprake van alternatiewe medisynes, maar sy belangstelling in die moontlikhede wat dagga bied, het hom aangespoor om sy eie ondersoeke te doen. Sy ervaring gaan hy Sondag 5 Mei met die NHN by Midrand deel.

Kom luister saam. Almal is welkom!
http://www.nuwe-hervorming.co.za/komende-gebeure/

* SASS and NHN has no official affiliation with each other, however, due to the shared interests and views in and on various topics, and reaching a wider demographic, both parties have agreed to promote and assist each other.

Details
Date:

May 5

Time:

08:00 am - 11:30 am

Event Tags:

Telegram

Click to Register: https://www.meetup.com/Johannesburg-Atheist-Secular-Meetup/events/260634734/
Organizer

Secular Meetup Gauteng (by SASS)

Website: https://www.meetup.com/Johannesburg-Atheist-Secular-Meetup/
Venue

Nuwe Herforming Netwerk (NHN) CMA Office and Conference Park

2nd Road

Midrand, ZA

Categories: