NHN Midrand: Praatjie Sondag 19 Mei

Die opkoms en ondergang van die NG Kerk
Sprekers: Jean Oosthuizen met Sakkie Spangenberg

Jean Oosthuizen gesels met Sakkie Spangenberg oor sy boek Die Opkoms en Ondergang van die NG Kerk wat in 2018 verskyn het. As nuusredakteur van die Kerkbode, is hy op omstrede wyse in 2013 afgedank. Hy bied Sondagaande die radioprogram Uit ‘n Ander Hoek aan waar “eerlik en reguit oor geloofsake” gepraat word.

Die Midrandbyeenkoms van eerskomende Sondag 19 Mei sal die vorm aanneem van ’n dialoog. Sakkie Spangenberg tree met Jean in gesprek nie alleen oor die boek nie, maar die gesprek sal uiteindelik méér as net die boek dek. Onlangse kwessies soos die hofsaak oor die NG Kerk se besluit oor gay-lidmate en die interreligieuse bidgeleentheid in Kaapstad sal ook onder die loep geneem word.

Kom luister saam. Almal is welkom!
http://www.nuwe-hervorming.co.za/komende-gebeure/

* SASS and NHN has no official affiliation with each other, however, due to the shared interests and views in and on various topics, and reaching a wider demographic, both parties have agreed to promote and assist each other.

Details
Date:

May 19

Time:

09:00 am - 11:30 am

Event Tags:

Telegram

Click to Register: https://www.meetup.com/Johannesburg-Atheist-Secular-Meetup/events/261428526/
Organizer

Secular Meetup Gauteng (by SASS)

Website: https://www.meetup.com/Johannesburg-Atheist-Secular-Meetup/
Venue

Nuwe Herforming Netwerk (NHN) CMA Office and Conference Park

2nd Road

Midrand, ZA

Categories: