Sondag 10 Maart 2019 (09:00 vir 09:30)
Don Roos oor: “Beter kommunikasie met ander mense.”

Neem kennis: Diegene wat deur meetup.com belangstelling wys om die sessie te gaan bywoon is nie die enigste mense wat gaan nie. NHN het reeds ook hulle eie lede wat die geleendtheid bywoon. SASS beoog om meer anders-tog-eeners-denkende mense blootstelling te gee aan alternatiewe gebeure in die Gauteng omgewing.

Meer oor die NHN:
Ons is ‘n netwerk van kreatiewe denkers wat vrylik gesels oor ons soeke na sin, mekaar met idees stimuleer en inspireer en hierdie lewe in die ‘nou’ as ‘n kosbaarheid uitleef. Hier gesels ons graag, maar ons luister ook graag na mekaar. Dit bring mee dat enigiemand sy of haar lewensvraagstukke in ‘n veilige omgewing kan deel.

Midrandbyeenkomste vind elke tweede Sondag vanaf 9.30 tot ±11.00 plaas. Deskundiges gee lesings oor interessante en relevante onderwerpe en agterna het die gehoor geleentheid om aan die bespreking deel te neem.

Die byeenkomste dien as ‘n forum ter bevordering van oop gesprek vir soekers na eietydse sin. Enige een wat behoefte het aan oop, informele, alternatiewe gesprek, sonder vooropgestelde aannames, is welkom. Tee, koffie en gesellige samesyn vanaf 9.00.

Fokusareas:

Religie
Ons verstaan en verwoording van die Misterieuse

Die Kosmos
Herkoms en Toekoms; Evolusie en Ekologie

Die Samelewing
Sosiale, Politieke en Ekonomiese kwessies

Die Individu
Persoonlike verryking en groei Hoe werk my kop?

http://www.nuwe-hervorming.co.za/komende-gebeure/

SASS and NHN has no official affiliation with each other, however, due to the shared interests and views in and on various topics, and reaching a wider demographic, both parties have agreed to promote and assist each other.

Details
Date:

March 10

Time:

09:00 am - 11:00 am

Event Tags:

Telegram

Click to Register: https://www.meetup.com/Johannesburg-Atheist-Secular-Meetup/events/259258146/
Organizer

Secular Meetup Gauteng (by SASS)

Website: https://www.meetup.com/Johannesburg-Atheist-Secular-Meetup/
Venue

Nuwe Herforming Netwerk (NHN) CMA Office and Conference Park

2nd Road

Midrand, ZA

Categories:

Leave a Reply